Facebook en Instagram was Dinsdagoggend in groot dele van die wêreld af.

Dié gewilde sosiale media platforms was sowat 50 minute buite aksie. Facebook, wat Instagram besit, het nog nie kommentaar gelewer nie en dit is nog onseker wat die probleem veroorsaak het. Maar, 'n groep kuberkrakers, Lizard Squad, het gesinspeel dat hulle dalk Facebook en Instagram laat struikel het.

Facebook het sowat 1,25 biljoen aktiewe gebruikers wêreldwyd.

Bronne: Sapa, Mail Online, TechCrunch.com