’n Nuwe aanlyn platform kan jou glo hierdie antwoord met 80-persent-akkuraatheid gee.

Die toets, wat uiteenlopende vrae oor jou leefstyl insluit, bepaal glo jou risiko om binne vyf jaar te sterf. En dit is nie sommer ’n hier-jy toets nie. Dit is gegrond op navorsing wat twee Sweedse wetenskaplikes op meer as ’n halfmiljoen mense uitgevoer het waarin hulle hul leefstylgewoontes ondersoek het.

Of jy rook of nie is volgens die navorsers die grootste bepaler van of jy binnekort gaan sterf.

Meer as 600 gewoontes is in ag geneem, maar is eindelik vir die toets tot 13 vir mans en 11 vir vroue verminder.

Of jy rook of nie is volgens die navorsers die grootste bepaler van of jy binnekort gaan sterf.

Dr. Erik Ingelsson, wat ten nouste by die studie betrokke was, sê dis opwindend dat mense met ’n eenvoudige aanlyn toets hul kans om te oorleef kan bepaal, sonder dat enige liggaamlike toetse of ondersoeke nodig is.

“Natuurlik is daar steeds ’n mate van onsekerheid. Gelukkig kan die meeste mense hul kans om binne vyf jaar te sterf drasties verminder deur meer te oefen, op te hou rook en gesond te eet.”

Die toets gee jou ’n sogenaamde Ubble-ouderdom na aanleiding van jou antwoorde. As hierdie ouderdom laer is as jou werklike ouderdom, beteken dit jy is in goeie gesondheid.

Die teenoorgestelde is waar as dit hoër is as jou ware ouderdom.

Vind hier uit wat jou kanse is.

Bronne: SkyNews; DailyMail