[caption id="attachment_84056" align="aligncenter" width="600"]Foto: Weheartit.com / Taylor Foto: Weheartit.com / Taylor[/caption]

Behalwe as jy ellelange arms het, moet sommige foto’s nog op die oudtydse manier geneem word, en sterre soos Rihanna, Miranda Kerr en Rosie Huntington-Whiteley het beslis pelle en liefdesmaats wat weet wat hul goeie kant is en dit afneem sodat hulle dit met hul miljoene aanhangers kan deel.

Rihanna se Instassistent is haar beste vriendin Melissa Forde. En die oudmodel Heidi Klum het verklap die fotograaf van baie van haar kaalfoto’s, is haar ma!

Die volmaakte Instassistent moet oor die volgende vaardighede beskik:

  • ’n Oog vir detail – hulle moet kan sien wanneer die agtergrond met jou haarstyl meeding.
  • Hulle moet jou goed ken – hoe anders gaan hulle weet jou linkerkant is modelmooi en jou regterkant moet soos die pes vermy word?
  • Hulle moet weet watter filters om in te span om jou op jou beste te laat lyk.
  • En as hulle ’n baie goed byskrif kan skryf, bevorder jy hulle sommer tot Instabestuurder.

Onthou om hulle ook elke dan en wan af te neem.

- Edna Isaacs

Ekstra bron: dailymail.co.uk