OF JY nou sukkel met vrot dienslewering of jou tandarts, bank of eiendomsagent jou swak behandel, daar kom ’n tyd in die meeste mense se lewe dat hulle moet kla.

As verbruiker het jy die reg om swak behandeling aan te meld en gratis te laat ondersoek. Maar by wie kla ’n mens?

Daar is talle instansies wat regstaan om jou te help; sommige is regeringsliggame, ander is onafhanklike ombudsmanskemas en daar is ook bedryfsverenigings wat swak diensverskaffers in hul geledere help vasvat.

Op versoek van talle lesers plaas ons vandeesweek ’n volledige lys van instansies by wie jy oor swak diens kan gaan aanklop. In hul ondersoek sal hulle na albei kante van die saak kyk, en as hulle vind jy is te na gekom, kan hulle tussenbeide tree om te sorg dat jy vergoed word.

Maar voor jy enige van hulle nader, probeer altyd eers jou probleem by die diensverskaffer self uitstryk. Onthou net om rekords van alle telefoongesprekke en alle korrespondensie te hou.

Kry die volledige lys van nommers in die Huisgenoot van 27 Januarie 2011

Bespreek vir Skouspel!