As die uitdaging alleen nie jou belangstelling prikkel nie, kan jy boonop 'n heerlike naweek vir twee by by Spier Wynlandgoed wen!

In die program ‘Jy het ‘n Wenresep’ word deelnemers die geleentheid gebied om te spog met hul eie wenresep. Ons kosredakteur, Carmen Niehaus sal dan besluit wie se resep waardig is om sy plek vol te staan as een van Huisgenoot se wenresepte!

Dit is belangrik dat die resep binne ‘n uur gekook/gebak kan word en jy moet ondersteun word met ‘n persoonlike storie rondom die geskiedenis van die resep, soos byvoorbeeld Ouma se melktert of Tant Ralie se rosyntjiebrood.

As jy belangstel en in die Kaap kan uitkom vir verfilming, e-pos jou resep en sy storie plus ‘n kort biografie en foto na liebe@mediaclubproductions.co.za.

Gekeurde deelnemers moet vir een werksdag beskikbaar moet wees vir verfilming. Ongelukkig is die kompetisie nie oop vir gekwalifiseerde sjefs nie.

KLIEK HIER vir al die bepalings en voorwaardes voor jy inskryf. 

Vir meer oor "Jy het 'n Wenresep' op VIA kliek hier.