Die akteur (52) en die voormalige WWE-rofstoeier (33) was twee jaar saam en is drie maande laas saam afgeneem.

’n Bron het aan die koerant Sunday People gesê: “George en Stacy kon vir mekaar tyd maak sou hulle regtig wou. George het hom eintlik net ál meer van die verhouding onttrek.

“Dis altyd dieselfde storie. Sodra hy voel ’n vrou kom te na aan hom, onttrek hy.”

’n Woordvoerder vir George, wat die vakansiedag by sy luukse huis in Lake Como saam met vriende deurgebring het, wou nie ’n woord rep nie, maar vriende van die paartjie sê alles is dooddollies tussen die twee, al het hulle die laaste paar maande baie tyd weg van mekaar deurgebring.

’n Bron het aan die skinderwebtuiste RadarOnline.com gesê: “Stacy is nie in Italië nie omdat sy in New York werk en haar nuwe program, wat op 22 Julie begin, moet bemark.”

Ander bronne het voorheen vertel George en Stacey se verhouding hou so lank omdat Stacy baie meer onafhanklik as George se ander meisies is.

Een pel het onlangs gesê: “Sy doen haar eie ding wanneer George saam met sy pelle kuier of besig is met werk – sy bel hom nie eens nie. Maar op die ou einde begin hy haar mis en bel hy haar. Sy laat George na haar toe kom.”