Die 26-jarige sanger van Thinking out Loud het in November verlede jaar die nuus gehaal toe berig is dat die prinses sy gesig met ’n seremoniële swaard raakgesny het terwyl sy James spelenderwys tot ridder wou slaan op ’n partytjie in haar pa, prins Andrew, se woning.

Maar James (43) sê oor dié weergawe van die gebeure die partytjiegangers het die verregaande storie uitgedink om die feit dat Ed dronk was en homself beseer het, te verdoesel. “Ed was dronk, hy het daar rondgekarring en toe sny hy hom raak,” het hy aan die tydskrif Shortlist vertel.
“Ons het ’n storie uitgedink; mense het dit vir soetkoek opgeëet. Dit was ’n groot verleentheid.” Ed was eers huiwerig om oor sy besering te praat, hoewel hy nou met ’n duidelike litteken is, en het die onderwerp vermy tydens onderhoude om sy nuwe album, Divide, bekend te stel.

Hy het egter tydens ’n onderhoud met Absolute Radio ’n paar besonderhede van die gebeurtenis bevestig en gesê: “Ek is in die gesig geslaan en het iets gesê soos: ‘Als reg, oukei . . .’ en begin tekeregaan.

“Ten spyte van die sanger se huiwering om die werklike gebeure te bespreek, het James vir Ed grappenderwys verkwalik vir die verspreiding van die fyn uitgewerkte storie om sy albumverkope aan te help.

“Dis bisar dat mense dit geglo het,” sê hy aan Shortlist. “Ek neem hom kwalik. Hy moet desperaat wees – hy probeer plate verkoop.”

Dit was ook nie die eerste keer dat James die waarheid van die storie bevraagteken het nie, want hy het voorheen grappenderwys opgemerk ’n koninklike sal nooit fouteer wanneer hy/sy iemand tot ridder slaan nie.

Volgens gerugte is die sanger van Beautiful gereed om hom later vanjaar by Ed aan te sluit wanneer hy weer begin toer.

Ed het ook onlangs opslae verwek toe dit bekend geword het dat hy Justin Bieber in Japan met ’n gholfstok geklits het terwyl die twee saam op ’n wilde aandjie uit was.

Die 26-jarige sanger van Castle on the Hill het saam met die 23-jarige Kanadese popster gedrink toe hulle besluit om gholfbaan toe te gaan.

“Ons was in Japan. Ons is na ’n duikkroeg toe,” vertel Ed.

© Cover Media