Tydens die amptelike inhuldigingseremonie van Donald Trump as nuwe Amerikaanse president is daar groot gewag gemaak van die president en sy modelvrou, Melania.  

Maar soms, net soms, lê die alomteenwoordigende oog van die kamera ’n oomblik vas wat jou onkant betrap.

Soos hierdie oomblik toe die grinnikende nuwe president omdraai om na sy vrou agter hom te kyk. Dit lyk asof hy iets vir haar sê. Melania glimlag net terwyl hy na haar kyk, maar ’n breukdeel van ’n sekonde nadat hy terugdraai na sy bewonderende skare, lyk dit asof sy allesbehalwe sy vreugde vir die groot oomblik deel. Kyk self:  

 

Twitter se reaksie