A photo posted by Gossip Room (@gossiproomoff) on

Die sangeres agter die liedjie Come and Get It en haar beweerde nuwe liefde is Dinsdagaand buite die Giorgio Baldi-restaurant in Santa Monica sien soen. In die foto’s hou die twee ook handjies vas en in een foto is Selena se arm om The Weeknd – sy regte naam is Abel Tesfaye – gegooi.

A photo posted by smg; ? (@amazingselenac) on
“Hulle was daar vir drie uur, net hulle twee,” het ’n bron aan E! News vertel. “Hulle het so gelukkig gelyk. Hulle het drukkies en soentjies uitgedeel. Sy bestuurder het vir hulle gewag en haar bestuurder het kort daarna ook daar aangekom. Hulle was alte liefies met mekaar. "Selena kon haar hande nie van hom afhou nie en het hom gedruk en gesoen. Sy het ongelooflik gelyk en ook baie gelukkig en dolverlief.”

A photo posted by DOSE-OF-IT (@doseofit) on

Selena en Abel het nog nie kommentaar gelewer op die foto’s of die status van hul verhouding nie. Sy is verlede jaar romanties verbind met die akteur Orlando Bloom en die sanger Charlie Puth, maar gerugte van romanses met dié twee is afgemaak. Sy en die Kanadese sanger Justin Bieber was vanaf 2010 tot 2013 in ’n aan/af verhouding.
Intussen het The Weeknd en die model Bella Hadid in November uitgemaak. Bella het oor die verbrokkeling van hul verhouding gepraat voor sy haar eks raakgeloop het by die jaarlikse Victoria’s Secret-modevertoning in Parys, Frankryk waar hy gesing en sy op die loopplank verskyn het.
“Hy’s die beste, ons is nog vriende,” het sy aan die Amerikaanse vermaakprogram Entertainment Tonight gesê. “Ek’s opgewonde. Dis sy tweede optrede (vir Victoria’s Secret) en ek weet hy gaan wonderlik wees.” Selena het onlangs teruggekeer na die kollig nadat sy teen einde 2016 ’n blaaskans gevat het om te fokus op haar stryd teen lupus.

© Cover Media