By die foto het Billy Ray gesê “Ek is so gelukkig . . . jy is gelukkig @MileyCyrus”. In die foto is ’n glimlaggende Miley gekleenin wat ’n wit rok kan wees, met haar oë toe en haar gesig na die son gedraai. Bily hits natuurlik die gerugte aan dat Miley dalk met die akteur Liam Hemsworth (27) afgehaak het deur boodskappe van sy aanhangers te deel, veral dié wat smeek om meer inligting soos: “Het Miley getrou”?! Ek het antwoorde nodig.”

Miley en Liam het mekaar in 2010 op die stel van The Last Song ontmoet. In 2012 het die twee verloof geraak maar in 2013 is die verlowing verbreek.

2012 Oscar throwback !!!! Ps I look weird!

A post shared by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

Aan die begin van 2016 het die tonge weer wild geklap dat die twee dalk weer ’n paartjie is. Dit sou egter eers op 16 Oktober wees dat Miley tydens haar verskyning op die The Ellen DeGeneres-program bevestig dat hulle weer ’n verloofde paartjie is. Sy het gesê sy dra bloot net daardie goue diamantring omdat dit Liam gelukkig maak.

“Dis regtig vreemd want hierdie is soos regte juweliersware. Die meeste van my juweliersware bestaan uit lekkergoed (gummy bears en spookasem) en dit lyk nie so goed saam nie.

“Soms vervang ek die ring met ’n Loony Tunes-gelukbringertjie. Dan is Liam soort van ‘wat gaan aan?’ en ek sê dis nie vir my esteties nie maar ek sal dit dra omdat jy vir my lief is.”

Daarna het die gerugte die ronde gedoen dat daar ’n troue in Australië sou plaasvind waar Liam vandaan kom. Maar meer onlangse gissinge het op ’n Hindoe-troue in die Himalajas se rigting geskimp.

© Cover Media