Donderdagoggend, 1 September, was dit juis een van die onderwerpe wat aangeraak is tydens die Britse kletsprogram This Morning, met Eamonn Holmes en Ruth Langsford. ’n Kyker genaamd Karen het ingebel en vertel sy het haar geliefde labrador, Molly, vyf maande gelede aan die dood afgestaan. Dit het haar lewe verander. Karen het Molly as ’n klein hondjie gekry. Volgens haar was die hondjie ’n gesonde bondeltjie vol lewe. Nege maande later het sy siek begin word. Tydens die emosiebelaaide telefoongesprek sukkel Karen ál meer om samehangend te praat. Haar stem breek plek-plek. Sy vertel sy is ’n maand ná Molly se dood weens hartseer en spanning in die hospitaal opgeneem.

Karen erken sedert Molly weg is, het sy nog nie weer een van haar vriende en dié se hond, saam met wie sy en Molly na die plaaslike park gegaan het, gesien nie. “Ek kan myself net nie so ver bring om dit te doen nie,” erken sy. Hierdie oproep het verskeie kykers geweldig ontstig en ook tot trane gedryf.

Van hulle het hul eie verhaal van verlies op die program se Facebook-blad gedeel; verhale van dierbare katte, honde en selfs konyne.

Lees ook: Hoe help ek my kind die dood van ’n troeteldier verwerk?

Lees ook: Ly jou hond dalk aan depressie?

Maar soms is die verlies van ’n troeteldier nie as gevolg van die dood nie.

Ellen DeGeneres is bekend as ’n opperste platjie wat jou kan laat lag dat die trane loop, maar ’n paar jaar gelede het sy hartverskeurend gehuil oor ’n hondjie wat sy aangeneem het.

Sy het alles moontlik gedoen te verseker dat hy ’n gelukkige tuiste het. Die geselsprogramaanbieder het egter besef haar omstandighede is nie geskik vir ’n troeteldier nie en sy het moeite gedoen om vir hom ’n liefdevolle tuiste te vind.

Ongelukkig het sy die fout begaan deur nie die regte administratiewe proses te volg nie.

Hoe het die verlies van ’n geliefde troeteldier jou geraak? Vertel ons op ons Facebook-blad daarvan en deel gerus ook ’n foto.