Kort ná die aankondiging gemaak is oor Boris Becker (49) se bankrotskap, doen berigte die ronde dat die voormalige Wimbledon-kampioen se liefdesbootjie gesink het. 

Date night with the champions @chelseafc #stamfordbridge

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Thesun.co.uk het Sondag berig dat Boris se modelvrou, Lily (40), al hoe meer tyd in haar geboorteland Duitsland deurbring en al vir ’n geruime tydjie van hom wou skei.

Thesun.co.uk het hom vir kommentaar bereik, maar hy het egter gesê dat dit te "vroeg in die dag" vir hom is om kommentaar te lewer. 

Maar Boris het al die skindertonge stilgemaak toe hy Sondag ’n twiet in die sosiale media deel oor sy “liefie”.

“Veels geluk met jou verjaardag my lief, deur dik en dun,” skryf hy op Twitter. 

En dit lyk of dié twee hul gate uit geniet het. 

By nóg ’n twiet skryf hy: "My spesiale dame."

Die paartjie het ’n 7-jarige seun saam.  

Bronne: Thesun.co.uk, Ibtimes.co.uk, Express.co.uk, Daily Mail