derick meisie nog

Dit was nie lank nadat Mari du Plessis vroeër die week ’n foto van haar en die oud-Springbok Derick Hougaard op Facebook geplaas het dat die opmerkings begin inrol het nie.

“Julle pas bymekaar”, “Wat ’n lucky girl”, “Kyk net hoe stunning! . . . Julle maak sulke mooi foto’s saam” was net van die kommentaar wat mense gelewer het. En soos wat mense kommentaar lewer “like” Mari dit.

[caption id="attachment_132814" align="alignnone" width="599"]Een van die blondekop se foto's op haar Facebook-blad. Een van die blondekop se foto's op haar Facebook-blad.[/caption]

Maar vra jy Derick oor die meisie en sy breë glimlag wat tot by sy ore strek, is dit net nee, nee, nee.

“Daardie glimlag was weens baie bier. En sy was net ’n meisie wat in ’n kuierplek ’n foto saam met my wou neem. Ek ken haar eintlik glad nie,” sê Derick.

Lees ook: Derick Hougaard skryf hartroerende opebrief aan sy tweeling seuns

“Ek is nou so bang vir ’n vrou. Ek weet nie of my vrou (Karlien van Jaarsveld) dit op die regte manier gedoen het nie, maar ek is nie daardie tipe wat so vinnig dinge agter my kan sit nie.

“Ek het baie liefde nodig. Ek kort drukkies, maar in my geestesoog sien ek dit nie nou gebeur nie. Ek sien ook nie kans om my kinders deur so iets te sit nie. My kinders is my eerste prioriteit en ek wil hulle nie in ’n sirkus grootmaak nie.”

Lees ook: Derick se roerende brief aan Joost

Dit is volgende maand ’n jaar sedert hulle die nuus op 24 Augustus bekend gemaak het dat hulle gaan skei.

Toe Huisgenoot Derick herinner dat dit byna ’n jaar is sedert die bom sy hele lewe omvergegooi het, het Derick gesê dit voel nog vir hom soos gister.

“Die laaste jaar het my so geruk. Dit het my hard gestoot. Ek battle nog elke dag hiermee.

“Dit het die mat onder my uitgeruk en die wind heeltemal uit my seile geneem.”

? Mari kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.