Eyewitness News het uitgevind die polisie vermoed Oscar Pistorius se broer, Carl, het in die dae ná Reeva Steenkamp se skietdood data van die atleet se selfoon uitgewis.

Daar word vermoed Carl kon die foon in die 12 dae dat daar nie daarvan rekenskap gegee kan word nie, met sy persoonlike rekenaar gesinchroniseer en daarmee gepeuter het.

Hierdie verwikkeling word genoem in Behind the Door, ’n nuwe boek oor die verhoor, wat die EWN-verslaggewers Barry Bateman en Mandy Wiener geskryf het.

In die boek beweer die skrywers dat Carl net-net vervolging vrygespring het omdat hy met bewyse gepeuter het.

Oscar is verlede maand skuldig bevind aan strafbare manslag en sal op 13 Oktober gevonnis word.

LEES MEER HIER