Brooklyn Beckham gaan glo met die dogter van ’n aristokraat uit.

Die 14-jarige seun van David en Victoria Beckham gaan blykbaar “amptelik” met die meisie uit sedert sy gesin vroeër vanjaar van Los Angeles na die Verenigde Koninkryk teruggetrek het.

’n Ingeligte het gesê: “Brooklyn is dolverlief. Die oomblik toe die afstandprobleem opgelos is, het hulle besluit om dit amptelik te maak. Hulle is al jare lank vriende.”

Die Sondagkoerant Daily Star – wat beweer hulle weet wie die 15-jarige meisie is, maar haar privaatheid respekteer en dus haar naam geheim hou – het net onthul dat sy lacrosse (amper soos hokkie) speel by haar eksklusiewe privaat skool naby haar huis in Londen.

Hoewel Brooklyn se broers, Romeo (10) en Cruz (8), hom daaroor spot, is hulle glo “bly vir hom”.

Die bron het bygevoeg: “Sy broers spot hom baie, maar hulle is regtig bly vir hom.”

David en Victoria, wat ook ’n tweejarige dogter, Harper, het, wil hê hul kinders moet ’n “normale lewe” lei, en die afgetrede sokkerster het erken sy oudste seun wil dinge op sy eie doen.

Hy het tevore gesê: “Brooklyn is nou op die ouderdom waar hy dinge wil doen en plekke wil besoek, en jy moet hom terughou.

“Maar om eerlik te wees, ons laat ons kinders eintlik 99 persent van die dinge doen wat hulle wil doen. Ons wil hê hulle moet ’n normale lewe lei.”