Die hartebreker van The Hangover-faam is glo gretig om op 5 Januarie, wanneer albei hul verjaardag vier, met die 22-jarige model trou. Die twee is sedert Maart verlede jaar ’n paartjie.

“Bradley wou wag tot hy 40 word voor hy trou omdat hy al voorheen getroud was. Dis nou vir hom baie belangrik dat hulle hul liefde op die wyse bekragtig,” het ’n bron aan die koerant Daily Star gesê.

Die verliefde paartjie het reeds aan hul groot dag begin beplan en wil ’n intieme troue met hegte vriende en familie hê.

“Bradley en Suki dagdroom gedurig daaroor en is besig om te beplan aan hul troue. Hulle weet hulle wil in Amerika trou, heel waarskynlik in Los Angeles, omdat hulle wil hê dit moet warm wees. Dit sal waraskynlik ’n baie klein, intieme affêre wees.”

Daar is vroeër vandeesmaand gegons dat die twee verloof is nadat hulle met bypassende ringe aan hul ringvingers gewaar is toe hulle die Chiltern Firehouse-restaurant in Londen verlaat het.

Bradley het in 2006 met die aktrise Jennifer Esposito getrou, maar hulle het net vier maande later aangekondig dat hul paadjies gaan skei. Hy het daarna tussen 2009 en 2011 met die aktrise Renée Zellweger uitgegaan, voor hy tussen Desember 2011 en Januarie 2013 ’n verhouding met die aktrise Zoe Saldana aangeknoop het.

Suki se vorige liefdes is Luke Pritchard, voorsanger van die groep The Kooks en Miles Kane.