Dié gerug is te danke aan ene Kris Herzog, lyfwag van die sterre. Die blondine, en glo Brad (52) se geheimsinnige nuwe meisie, is niemand anders nie as die aktrise Kate Hudson (37).

Kate, die dogter van Goldie Hawn, het natuurlik self ’n baie stormagtige verhouding gehad met die akteur Owen Wilson.

A photo posted by Allmanaque (@allmanaque) on
Brad en Kate het glo baie na aanmekaar gekom die afgelope paar weke. Daar word ook beweer dat die twee talle geheime afsprake met mekaar gehad het. "Ek ken vir Brad en Kate en ek sal glad nie verbaas wees as die twee ’n paartjie is nie," het Kris aan Women's Day gesê.

A photo posted by @luvmen88 on

Daar word in dieselfde artikel ook onomwonde oor die twee se onderskeie talente onder die lakens gesels. Selfs Hollywood Life bewe van pure opgewondenheid oor die moontlike vooruitsig van dié twee sexy sterre bymekaar.

Kan al die gissinge moontlik aangevuur wees deur Kate se opmerking in September toe sy gesê het sy wil graag met ’n "hot" man uitgaan wat net so aantreklik soos Brad Pitt is?

"Ek dink Brad is baie, baie aantreklik," het sy destyds beklemtoon.

Net die tyd sal leer.

Bronne: mailonline.co.uk, hollywoodlife.com, inqusitr.com