Brittanje se hertogin Catherine het kooklesse bygewoon.

Die TV-sjef Rachel Khoo het onthul die 32-jarige koninklike – die skattige prins George se ma – was een van haar studente tydens ’n kookkursus van twee weke by die Leiths School of Food and Wine in wes-Londen.

Die kursus beloop ’n allemintige R28 800 per student.

Rachel sê sy het selfs notas afgeneem vir Catherine toe dié siek was.

Sy het aan die tydskrif Woman gesê: “Kate was in my klas. Sy was ’n paar dae siek, toe neem ek vir haar notas af.

“Sy was ’n lieflike mens, maar was effe teruggetrokke.”

Die gesogte skool tel die TV-sjef Lorraine Pascal en die kosresensent Gizzi Erskine onder sy oudstudente.

Die hertogin het onlangs onder kritiek deurgeloop ná die duur opknappings op haar woonstel by die Kensington-paleis, insluitend ’n nuwe kombuis om die bestaande kombuis van 32,5 m2 (wat vir amptelike geleenthede gebruik word) aan te vul.

Die nuwe kombuis gaan na verwagting ’n “privaat gesinskombuis” wees vir Catherine, haar man, prins William (32) en die 11 maande oue prins George.

Dit is verlede maand berig dat die opknappings R81 miljoen beloop.