Gary Goldsmith het erken hy hoop sy susterskind Kate Middleton sal geskiedenis maak deur die lewe te skenk aan die eerste eersgebore meisie wat koningin word.

Hy het aan The Sun gesê: “Ek vermoed hulle verwag ’n dogtertjie, maar ek weet dit natuurlik nie vir seker nie.

“Ek glo Kate Kate en William het die geslag van hul kind geheim gehou vir almal behalwe hulself . . . Dit sal mos wonderlik wees as hulle ’n meisietjie kry?

“Dit sal absoluut ongelooflik wees as iemand in my familie, my susterskind, geskiedenis maak.”

Die 48-jarige sakeman het die Britse koninklike egpaar as “baie modern” beskryf en bespiegel dat hulle “betrokke” ouers sal wees.

Hy het bygevoeg: “Hulle is ’n baie moderne egpaar en ek glo William sal net so betrokke soos Kate met ouerskap wees. Dis die wonder daarvan.

“Hulle moderniseer die koninklike familie en slaag wonderlik daarin.”

Gary het al aan ’n geskenk gedink vir die baba wat nou enige dag gebore sal word, maar sê hy is onseker wat gepas sal wees.

Hy het erken: “Wat gee jy vir ’n baba wat alles het? Ek is onlangs Asprey’s toe en het ’n wonderlike, reuse hobbel-olifant, soos Dumbo, vir sowat R1, 05 miljoen gesien. Daar was ook ’n kis met eerste uitgawes van Kuifie.

“Omdat familie vir Kate so belangrik is - sy is baie geheg aan Carole en Pip – sal ek liewer iets persoonliks en betekenisvoller kry. Maar ek het van daardie olifant gehou.”

Hou jy van Kate se rok? Koop 'n soortgelyke een in ons aanlyn-modewinkel: KLIK HIER

katerok-web