kate-middletons

“Hulle wil nie hê sommer enigeen moet uithelp in Australië nie en dink Carole sal net reg wees,” het ’n bron aan die Daily Mirror gesê.

“William het nog altyd die hegte verhouding tussen (Catherine se ouers) Carole en Michael bewonder en ook hoe hulle hul kinders in sulke gelukkige huislike omstandighede grootgemaak het. Dis wat hy vir George ook wil hê; daarom vra hy en Kate hulle moet help wanneer hulle ook al kan.”

William se voormalige oppasser, Jessie Webb (71), het deeltyds vir hulle gewerk, maar kan nie saam Australië toe gaan nie. Prins Charles en wyle prinses Diana het die nege maande oue William by Jessie gelos toe hulle in 1983 in Australië en Nieu-Seeland getoer het, maar die hertog en hertogin wil graag hul kleinding te alle tye naby hê.