, Antonella Fresolone. Catherine, wat haar eersteling by haar man, prins William verwag, het glo by Antonella, wat 13 jaar in Buckinghampaleis bekend was om haar “heerlike” Italiaanse geregte, aangeklop vir raad in die kombuis.

Volgens die tydskrif Us Weekly het Antonella, wat veral uithaler-pasta berei en -brood bak, Catherine ’n “aantal nuwe geregte” leer maak vandat sy drie weke gelede aangestel is.

Die hertogin het dalk nou haar koskennis laat in die swangerskap uitgebrei nadat sy in die vroeë maande gesmag het na spesifieke kossoorte, soos laventel-broskoekies en papaja.

“Baie vroue kry lus vir sekere kosse tydens swangerskap en Kate is geen uitsondering nie. Sy is mal oor die koekies,” het ’n bron onlangs oor die broskoekies gesê. Haar skoonpa, prins Charles, se organiese voedselonderneming, Duchy Originals, en die Londense afdelingswinkel Fortnum & Mason verkoop dit.

“Laventel het glo helende eienskappe en is darem nie so ’n vreemde kossoort om aan weg te lê as jy swanger is nie.”