IN DIE rehabilitasiekliniek waar hy weens alkoholmisbruik beland het, moes die stoutseun van krieket Herschelle Gibbs sy lewensverhaal neerskryf as deel van sy terapie.

Hy het ses bladsye geskryf.

Dit het hom so vry laat voel dat hy besluit het om sommer ’n hele boek te skryf en werklik alles te onthul.

Die boek sou gaan oor sy en van sy ander Protea-spanmaats se drankmisbruik, hul sekskapades en selfs die feit dat hy nie weet of hy wel sy eksvrou, Tenielle, verneuk het toe hulle nog getroud was nie. Dis nou omdat hy vergeet as hy drink . . .

Herschelle glo wel steeds nie hy is ’n alkoholis nie. By die kliniek is hy vertel enigeen wat twee keer per jaar so baie drink dat hy aan geheueverlies ly, is ’n alkoholis. Maar dis tog onmoontlik, meen hy. “Ek het daar rillerverhale gehoor van mense wat ’n bottel wodka voor ontbyt klaar drink. Dít is alkoholiste.”

Sy eie boek lees plek-plek soos ’n riller. Hy het sommer geweet nie almal gaan gelukkig wees oor die onthullings in To the Point: The No-Holds-Barred Autobiography nie. Hy was dus nie verbaas toe sy telefoon vroeg op die Maandagoggend van die boek se uitreiking al begin biep nie.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 11 November 2010