Wes-Kaapse polisie kon Maandag nie bevestig dat dit wel Herschelle was nie, maar het gesê ’n 40-jarige man is Sondagaand in hegtenis geneem.

“Die omstandighede rakende ’n ongeluk wat Sondagaand omstreeks halftwaalf gebeur het, word ondersoek,” het die woordvoerder kol. Tembinkosi Kinana gesê.

“ ’n Saak van dronkbestuur word ondersoek. ’n 40-jarige verdagte is in hegtenis geneem en later vrygelaat. Hy sal op 25 November volgende jaar vir die aanklag teen hom in die Kaapstadse landdroshof verskyn.”

In 2009 het Herschelle rehabilitasie ontvang vir dwelm- en alkoholmisbruik.

Hy is in Maart 2008 in hegtenis geneem, blykbaar ná ’n voorval in die hoofweg in Seepunt, Kaapstad. Hy is aangekla van dronkbestuur, alternatiewelik roekelose of nalatige bestuur. Die aanklagte is teruggetrek.

- Sapa