[post-slider]

Dit volg op die wêreldwye ontsteltenis oor die leeu Cecil wat in Zimbabwe met ’n pyl-en-boog deur dr. Walter Palmer, ’n Amerikaanse tandarts, geskiet is.

Volgens Netwerk24 het Sabrina Corgatelli se jagtog op 24 Julie op ’n jagplaas buite Phalaborwa gebeur.

Sy is glo ’n rekenmeester van die stad Boise in Idaho, die VSA, het Sondag haar trofeejag-safari in Suid-Afrika voltooi.

Sabrina het haar jagtog van dag een af met foto’s op Facebook gedeel waar sy glimlaggend poseer met onder meer ’n koedoe, die kameelperd, ’n vlakvark, ’n blouwildebees en ’n impala.

Sy het mense gekoggel wat haar in duisende boodskappe gekritiseer het.

“Aan al die haters. Bly ingeskakel, julle gaan soveel meer hê om oor die m**r in te wees.”

Oor die jag op die kameelperd skryf sy onder meer:

“Dag #2 ek het ’n ongelooflike ou kameelperd gekry.

“So ’n ongelooflike dier!! Ek kan nie enigsins gelukkiger wees nie!!

“My emosies nadat ek hom gekry het, is ’n gevoel wat ek nooit sal vergeet nie!!! (sic)”

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Thuli Madonsela: Wat sou Nelson Mandela dink?

Meisie red haar gesin