Volgens berigte is die 46-jarige akteur in die badkamer aangetref met ? naald in sy arm. Hy is na bewering aan ? oordosis heroïen dood.

Die polisie kon dit egter nie bevestig nie en sê die oorsaak van sy dood word ondersoek.

Sy liggaam is Sondag deur ? draaiboekskrywer aangetref waarna die polisie ontbied is.

Hoffman is verskeie kere vir ? Oscar benoem vir onder meer sy rolle in The Master, Doubt en Charlie Wilson’s War.

Hy het in 2005 ? Oscar gewen vir beste akteur vir sy rol in Capote en was onlangs te sien in die rolprent Hunger Games: Catching Fire.

Ander flieks waarin hy gespeel het is The Big Lebowski, Mission Impossible III, Along Came Polly en The Talented Mr. Ripley.