Enkele dae voordat Henri van Breda (21) in die Kaapse hooggeregshof moet verskyn vir die driedubbele moord op sy gesin, lyk dit asof hy sorgeloos saam met sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, op ’n Kaapse strand baljaar.

[caption id="attachment_136236" align="alignnone" width="600"]Henri en sy meisie, Daniella, op 'n Kaapse strand. Foto: Facebook Henri en sy meisie, Daniella, op 'n Kaapse strand. Foto: Facebook[/caption]

Daniella (20) deel gereeld foto’s van haar en haar aantreklike kêrel op haar Facebook-blad. Henri word daarvan aangekla dat hy sy pa, Martin (54), sy ma, Teresa (56), en sy broer, Rudi (22), die aand van 26 Januarie 2015 in hul huis met ’n byl of soortgelyke skerp voorwerp doodgekap het.

Hy word ook daarvan aangekla dat hy sy suster, Marli (17), dieselfde aand met ’n byl aangeval het. ’n Aanval wat sy oorleef het.

Henri het het hom op 13 Junie by die Stellenbosch-polisiekantoor oorgegee nadat die polisie hom ingelig het hulle gaan hom in hegtenis neem. Hy het die volgende dag in die Stellenbosse landdroshof op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van regsverydeling, verskyn.

Dié hof het Henri op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Die vermeende Bylmoordenaar verskyn Vrydag weer in die hof wanneer sy voorverhoor in die hoogeregshof in Kaapstad afskop.

Intussen word Henri gereeld saam sy vriende in kuierplekke in en om Kaapstad gesien terwyl hy verhoofafwagtend is.

Hy het ook ’n baard gegroei en glimlag breed vir foto’s waar hy en Daniella saam op uitstappies gaan. Hy en Daniella is reeds ’n paar maande lank saam.

In ’n ekslusiewe onderhoud met Huisgenoot het Daniella gese sy glo 100 persent in Henri se onskuld en sal by hom staan (Toe ek Henri weer kon vashou, 30 Junie). Henri is die "liefde van haar lewe", het sy toe gesê.