Die gewilde sepie-akteur en komediant, Hennie Smit, is ernstig siek berig Volksblad.

Hennie Smit, wat veral gewildgeid verwerf het vir sy rol as Bertie in Egoli, word in die hoësorgeenheid van Die Wilgers-hospitaal in Pretoria vir dubbele longontsteking behandel.

Hy is ’n asmalyer en moes sowat twee weke gelede sy rol as Dêda in die produksie My boetie se sussie se ou prysgee toe hy siek geword het.

Volgens Volksblad het die 71-jarige Hennie só gehoes dat van sy ribbes gebreek het en ‘n gebreekte rib het sy longe geperforeer.

LEES MEER HIER