7de Laan het Vrydagmiddag op hulle amptelike Facebookblad aangekondig dat Hennie Jacobs (Diederik) en sy vrou, Marissa, ‘n babadogtertjie ryker is.

“Dis awesome! Sy is beautiful,” het Hennie aan ons verslaggewer by navrae gesê.

Sien later eksklusief die foto’s in Huisgenoot.

Baie geluk aan die paartjie.