Sy is nou vyf jaar oud, maar in haar kort lewetjie staan Julianna Snow voor die keuse om hospitaal of hemel toe te gaan.

Sy lei aan die ongeneeslike neuro-afbrekende Charcot-Marie-Tooth-siekte.

Haar hoes- en asemhalingspiere is so verswak dat sy dodelike longontsteking kan opdoen selfs al kry sy net ’n geringe verkoue. Haar ouers, Michelle en Steve, het beplan om haar hospitaal toe te neem as sy weer ’n ontsteking kry. Maar nadat hulle Julianne se wens gehoor het, het hulle van plan verander.

“Sy het dit duidelik gemaak sy wil nie weer hospitaal toe gaan nie,” het Michelle in ’n e-pos aan CNN geskryf.

“Ons moes daardie plan laat vaar, want dit was selfsugtig.”

Bronne: YouTube, cnn.com