Ma’s weet hoe meer kinders lees, hoe beter raak hulle; hulle gaan dit waarskynlik ook meer geniet. Maar hoe gemaak as jy al die boeke verskaf het, gereeld vir hulle voorlees en aanmoedig om self te lees en hulle steeds nie wil lees nie? Hier is ’n paar wonderlike voorstelle van die Nal'ibali Lees-vir-Pret-veldtog.

  • Party kinders lees moeilik en is dus minder geneig om dit vir plesier te doen. Probeer hulle die vreugde van lees help ontdek; kry boeke of tydskrifte in die hande oor onderwerpe wat hulle interesseer. Materiaal met baie interessante prente gaan lees minder na ’n taak laat voel. Lees saam met jou kind net tot hulle belangstelling verloor – laat die boek of tydskrif dan daar laat rondlê sodat hulle self later daarna kan kyk.
  • Lees gereeld hardop vir jou kinders – ongeag hul ouderdom – dit maak boeke en lees ’n deel van hul dag. Dit is ’n wonderlike manier om saam te ontspan en laat kinders toe om stories te ervaar sonder dat hulle self hoef te lees. Die bevrediging wat hulle uit die ervaring is dikwels genoeg om hulle self aan die lees te kry.
  • Neul help nooit! As jou kinders sleg voel oor lees, gaan dit hulle nie aanmoedig om te begin lees nie; hulle gaan dit eerder verwyt. Laat jou kinders jou eerder in jou vrye tyd sien lees. Laat ’n paar interessante boeke of tydskrifte rondlê.
  • Besoek die biblioteek of boekwinkels en laat jou kinders boeke kies wat hulle wil lees. Om iets te lees is beter as om niks te lees; moet jou dus nie bekommer as die onderwerpe van die boeke onbelangrik lyk nie. As jy hul keuses respekteer, help jy hulle groei.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali Lees-vir-Pret-veldtog. Besoek hul webtuiste vir idees oor die boeke wat jou kind dalk sal geniet en hoe om vir kinders van verskillende ouderdomme voor te lees.