1. Bly weg van drade wat lewend is, veral as dit nog oop is en op die grond spartel. Vonke is ’n teken van ’n lewende stroom.
  2. Verbreek die kontak tussen mense wat geskok word en die bron van die elektrisiteit, want as jy aan hulle raak, kan die stroom deur jou lyf vloei. Moenie met jou kaal hande aan hulle vat nie; draai minstens ’n droë handdoek om jou hande. Jy kan ’n houtstok gebruik om die slagoffer te skei van die bron van die elektriese stroom. Staan op ’n nie-geleibare materiaal soos ’n rubbermat, stapel koerante, plastiek of karton ingeval die stroom deur die grond gelei word.
  3. Skakel die elektriese stroom af by die hoofskakelaar as jy kan.
  4. Kyk dadelik dat die pasiënt se lugweg oop is, dat hy asemhaal en dat daar ’n polsslag is.
  5. Pas mond-tot-mond-asemhaling toe as hy nie asemhaal nie en begin met hartmassering as hy geen polsslag het nie.
  6. Kry onmiddellik mediese hulp om seker te maak dat daar nie ernstige inwendige beserings is nie. Dit is dikwels nodig dat die slagoffer ’n dag lank op ’n hartmonitor geplaas word omdat daar ’n voortgesette risiko bestaan vir ongereelde hartkloppings, sê dr. Elmin Steyn van die trauma-eenheid by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad.
  7. Neem die pasiënt na ’n dokter as jy brandwonde kan sien, die pasiënt bewusteloos was, enige sintuie aangetas is of as dit ’n vrou is wat meer as 20 weke swanger is.
  8. Moenie ’n beseerde pasiënt beweeg tensy dit werklik nodig is nie. ’n Sterk elektriese stroom kon hom in die lug gegooi en die rukbewegings van die skok kon rug-, kop- en nekbeserings veroorsaak het. Daarom moet die pasiënt se nek altyd stilgehou word.
  9. Bedek gebrande dele met ’n steriele gaasverband of skoon lappie.

  • ’n Koorspen.
  • Teenontstekingslappies.
  • Teenontstekingsalf.
  • Steriele watterol. Gebruik om nat wonde te dreineer.

Bêre die volgende medikasie in jou kissie:

  • Medikasie om koors af te bring.
  • Voorskrifmedisyne wat jou huismense gebruik, byvoorbeeld asmapompies, insulien, hartmedikasie en bloeddrukmedisyne.
  • Pynpille.
  • Antihistamien vir allergiese reaksies.
  • Maagmedikasie soos lakseermiddel vir hardlywigheid en medisyne teen diarree.

Wenke:

  • Gaan gereeld die items in jou noodhulpkissie na om seker te maak alles is nog daarin wat jy kan nodig kry; dalk is iets intussen al gebruik.
  • Gaan terselfdertyd na of van die medisyne nie al hul vervaldatum bereik het nie. Skryf op ’n plakker aan die binnekant van die kissie die datum waarop jy laas die vervaldatums en inhoud nagegaan het.

- Rikus van Rooy