Die program DC4K, Divorce Care for Kids, help kinders egskeiding aanvaar. Hier is 'n paar lesse:

  • Egskeiding is nie die kind se skuld nie; dis volwassenes se besluit.
  • As jy nie vergewe nie, kan dit jou siek maak.
  • Jy mag maar lief wees vir ’n nuwe maat in jou ma of pa se lewe. Dit beteken nie jy’s minder lief vir jou ouers nie.
  • Nuwe geliefdes beteken jou familie brei uit. Jy kry meer oupas en oumas, ooms en tannies, geskenke en mense wat jou liefhet.
  • Stel jou in jou ma en pa se skoene. Wat sou jy in sekere situasies doen?
  • Gebed help jou uitpraat oor jou gevoelens. God is altyd daar, al is daar niemand anders wat na jou luister nie.
  • Dis belangrik dat jy opbouend uiting aan aggressie leer gee. Dis beter om te sing, te verf of ’n slaansak beet te pak as om te vloek en skel, goed stukkend te slaan of te skop.
  • Dis beter dat ’n egskeiding so gou moontlik afgehandel word as dat ma en pa aanhou baklei.

Is jy geskei? Deel jou advies of storie in die kommentaarveld hieronder. 

In die nuwe Huisgenoot (11 Julie 2013)  is daar 'n volledige artikel oor DC4k, Divorce Care for Kids-program en meer advies oor hoe ouers en kinders egskeiding moet hanteer. Koop die digitale uitgawe van Huisgenoot, KLIK HIER