Smart Heart is ’n interaktiewe speletjie wat gebruik maak van prentjies en woorde wat kinders hul gevoelens help uitken en kommunikeer. Christine Kritzas en Janet Bytheway, twee sielkundiges van Kaapstad, het die speletjie ontwikkel met die doel om kinders aan te moedig om kreatiewe oplossings vir hul probleme te vind.

“Kinders druk hulself uit deur te speel,” verduidelik Christine. “Smart Heart gee hulle die gereedskap om dit te doen.”

Die bordspeletjie is ’n goeie stuk gereedskap vir ouer, onderwysers, opvoedkundige sielkundiges, arbeidsterapeute en enigeen wat met kinders werk, meen Janet.

Kinders tussen vyf en 13 kan met behulp van Smart Heart ernstige onderwerpe op ’n speelse manier aanpak. So kan hulle leer om te gesels oor dinge wat op die speelgrond, in die klas of by die huis gebeur.

“Die samelewing plaas geweldige druk op intellektuele en fisieke ontwikkeling,” sê Christine. “Kinders is onder druk om A’s te behaal en vir hul skool se eerste span te speel, maar dikwels skeep onderwysers en ouers die ontwikkeling van emosionele uitdrukking by kinders af.”

smart heart pic onderaan kopie

Smart Heart moedig kinders aan om vrae te beantwoord soos:

  • Waarvan hou jy van jou skool?
  • As iemand alleen speel tydens pouse, sal jy hulle nooi om met jou te kom speel?
  • Noem ’n voorbeeld van toe jy ’n spesifieke emosie ervaar het.

Jy kan Smart Heart teen R399 bestel.

smart heart pic in middel van kopie