Kinders hoef nie rekenings te betaal nie, het nie karre wat ingee en geen spertye wat hulle moet haal nie. Wat kan jou dan nou laat stres as jy 'n kind is?

Nogal baie. As kind beleef jy baie eerstes - jou eerste tree, eerste dag op skool, eerste soen - en elke keer dat jy iets vir die eerste keer doen, maak dit jou effe bang. En afgesien van die normale beproewings van grootword, moet kinders baiekeer hul pad deur ’n mynveld van probleme na volwassenheid vind.

Konflik tuis, egskeiding, 'n nuwe skool, trek van een dorp of selfs land na 'n ander, die dood van 'n geliefde of troeteldier, groepsdruk, misdaad en geweld kan hul hele wêreld omkeer en die kommerlose dae van hul kinderjare vir altyd verdryf.

Ongelooflik soos dit dalk klink, is daar vyfjariges wat maagsere he!, kinders in graad 2 met eetstoornisse en tieners wat aan depressie ly.

Hier is 'n paar maniere hoe jy jou kinders kan help om die moderne lewe te hanteer.

Moenie hul bekommernisse afmaak nie

Jy dink dalk jy bewys jou kind 'n guns deur haar probleme ligtelik op te neem, maar probeer haar eerder ernstig opneem.

"Wys vir jou kinders jy is beskikbaar om mee te praat en moedig hulle aan om oor hul bekommernisse te praat," se Margery Rosen, skrywer van die boek Childhood Revealed: Expressing Pain, Discovery and Hope.

Hul emosies moet erken en op 'n liefdevolle en vertroostende manier hanteer word." Probeer elke dag tyd alleen saam met jou kind bestee sodat hy op sy gemak sal voel om jou in sy vertroue te neem. Moet egter nie aan hom karring om oor sy gevoelens te praat nie – laat hom net weet jy is daar vir hom.

Hanteer misdaad

Die gedagte aan geweldsmisdaad vervul kinders met vrees en vernietig die sin vir orde, roetine en voorspelbaarheid wat hulle veilig laat voel.

Ongelukkig is misdaad en geweld deel van die daaglikse lewe in Suid-Afrika. Selfs al is jou gesin nog nie getraumatiseer nie, sal jou kinders iemand op skool ken wat al deurgeloop he!, sal hulle al die gru-stories in die koerante gelees, insidente op TV gesien het of weet van iemand in jul omgewing wat al beroof of aangeval is.

Dit help nie om te maak of dit jou as volwassene nie raak nie. Bespreek die toestand met jou gesin en moedig almal aan om te se hoe hul le daaroor voel.

Ontwerp 'n praktiese stelsel om hulle veiliger te laat voel. Probeer om hulle nie vir lang tye alleen tuis te laat nie, al dink jy hulle is oud genoeg. 'n Sestienjarige sal waarskynlik net so bang soos 'n sesjarige wees as sy alleen tuis moet bly.

Maak jou huis veiliger met diefwering, alarms en paniekknoppies as jy dit kan bekostig en stel hulle gerus dat hulp net 'n oproep ver weg is. Gee jou kind, veral jou dogter, 'n fluitjie en pepersproei as sy skool toe moet stap - sy sal veiliger en meer in beheer voel.

Plaas probleme in perspektief

Praat met hulle op hul vlak, se Margery. As jou vierjarige bang is '’n tornado gaan jul huis tref, se dan: "Sal 'n sebra by die woonkamer inloop? Dis onwaarskynlik, ne? Dis dieselfde met 'n tornado - hier sal waarskynlik nooit een kom nie."

As 'n sewejarige stres oor haar pa se vliegtuig reis, kan jy se: "Jy het laas week van jou fiets afgeval en dit was 'n nare ding. Maar dit beteken nie jy moet nooit weer fietsry nie. Dis dieselfde met 'n vliegtuig - dis so dat hulle partykeer val, maar verreweg die meeste styg op en land weer veilig."

"Herinner ook jou kinders daaraan dat ons baie geleer het oor hoe om die wêreld en ons huise en woonbuurte te beveilig," sê sy. "Besweer hul vrese deur veiligheid in die huis, op skool en in jou gemeenskap te bespreek. Kinders moet by hul ouers leer hoe om '’n kragtige emosie soos vrees te hanteer."

Help hulle om pret te hê

Kinders wat nie goeie maats het nie, loop die risiko dat hulle stresverwante probleme kan ontwikkel, se die kliniese sielkundige Sabine Hack.

Moedig hulle aan om maats te maak deur kuiertjies, oorslapery en ander prettige bedrywighede te reel. As jou kind skaam is, help hom om klasmaats met soortgelyke belangstellings te identifiseer en moedig hom aan om maats te maak met so 'n kind.

Jy kan ook die kind die eerste paar keer saam met sy ma oornooi om die ys te help breek. Maak pret en lag deel van jou daaglikse roetine, se Sabine.

Kindwees behoort pret te hê, nie bekommernis oor eksamens, groepsdruk, dood en rampe nie. Praat oor lighartige dinge aan die etenstafel, vertel snaakse stories oor toe jy 'n kind was of haal die foto-album uit en gesels oor gesinsvakansies.

Verminder die druk

Moenie jou kinders met buitemuurse bedrywighede oorlaai nie - as hulle nie genoeg tyd het om hul huiswerk te doen, te speel en te ontspan nie, sal hulle begin stres en angstig voel.

As hulle 'n bepaalde talent het, moedig hul le aan om dit te ontwikkel sonder om te vee I druk op hulle te plaas.

"Kinders het tyd nodig om kinders te wees," se die kinder-kenner Marina Petropulos. Bespreek jou kind se buitemuurse program met hom en besluit saam oor wat hy behoort te doen.

Konsentreer op sy sterk punte en moet hom nie dwing om iets te doen waarvan hy nie hou nie - as hy dit nie goed kan doen nie, sal hy voel hy stel jou teleur en dit sal net tot sy stresvlakke bydra. Luister na jou kinders.

Teenmiddels teen stres vir kinders

As jy jou kind ontspanningstegnieke leer, kan dit hom help om sy stres te hanteer, se dr. Amie Gordon-Langbein, 'n kinder- en gesinsberader. Hier is 'n paar oefeninge wat jy kan probeer:

• Se vir jou kind hy moet op die vloer gaan lê, 'n vuis maak en sy armspiere styf maak totdat dit voel so os 'n rekkie wat wil breek. Se dan hy moet sy hand oopmaak en sy vingers beweeg totdat hulle heeltemal slap en ontspanne voel . Vat dan die res van die liggaam en verstyf en ontspan die spiere van die gesig af ondertoe deur die nek tot by die voete en tone. Speel strelende musiek terwyl jy dit doen en praat op '’n kalm, rustige manier .

• Laat jou kind op 'n stoel sit en sê hy moet sy hande op sy bors sit en diep asemhaal. Se hy moet hom verbeel sy liggaam is 'n gebou en dat hy met die eerste asemteug die eerste verdieping met lug vul, en dit dan uitblaas. Met die tweede asemteug vu l hy die tweede verdieping en so aan totdat hy by die solder uitkom. Deur dit verskeie kere te herhaal, kan hy homself kalmeer. Hy kan dit in die klaskamer doen wanneer hy op sy senuwees is oor 'n eksamen of mondeling.

So sien jy of jou kind met stres sukkel:

• Regressiewe gedrag by jonger kinders soos bed natmaak, duim suig of hakkel.

• Hoofpyn, maagpyn, naarheid of nagmerries by skoolgaande kinders.

• Sukkel om te slaap of te veel slaap .

• As hul vreesbevange raak, aan jou vasklou en nie van hul ouers wil weggaan nie.

• Onvermoë om te konsentreer of geen belangstelling in skoolwerk.

• Onttrekking aan portuurgroep en familie.

• Onredelik geïrriteerd of ongehoorsaam.

• Ontwikkel eetstoornisse - hetsy te min, ooreet of opgooi na maaltye.

• Hoe-risiko-gedrag soos dwelm- en alkoholmisbruik.

- Nicola Whitfield