Voel jy en jou kind altwee bietjie verdwaal in ’n biblioteek? Dis ’n skatkis vol hulpbronne en jou moenie toelaat dat onkunde of ongemaklikheid julle daar weghou nie. 

Ons verduidelik vir jou presies hoe dit werk.

Die meeste dorpe en stede het hul eie biblioteke waarin ? wye verskeidenheid boeke voorkom. Elke biblioteek bestaan uit verskillende afdelings, soos ? kinderafdeling, ? fiksie- en nie-fiksie-afdeling, ? naslaanafdeling, ? afdeling vir rekenaargebruikers en ? plek waar tydskrifte en koerante gelees kan word.

Biblioteke bied ook verskillende dienste:

Verwysingsdienste (naslaanwerke)

Inligting oor ? wye verskeidenheid onderwerpe is by elke biblioteek beskikbaar. Verwysingsmateriaal mag nie uitgeneem word nie en moet in die biblioteek gebruik word. Behalwe vir die tradisionele verwysingsmateriaal soos ensiklopedieë is daar ook pamfletversamelings, studieversamelings en inligting oor die gemeenskap.

Dienste vir volwassenes

Dienste vir volwassenes sluit toegang tot boeke (ook in groot druk) in, oudiovisuele materiaal (soos CD’s en DVD’s), koerante en tydskrifte in. Die meeste biblioteke bied ook bykomende aktiwiteite, wat programme soos werksessies vir kuns- en handwerk insluit.

Dienste vir kinders

Biblioteke het ? kinderafdeling waar boeke vir ontspanning en studie beskikbaar is. Soms bied die biblioteek in vakansietye ook aktiwiteite soos storievertellings, filmvertonings en skoolvakansieprogramme aan.

Rekenaars

In die meeste biblioteke het lede van die publiek gratis toegang tot rekenaars en die internet. Hierdie dienste is in al die provinsies beskikbaar. Doen navraag by jou biblioteek oor die beperkings wat vir hierdie diens geld.

Tydskrifte en koerante

Biblioteke hou verskillende tydskrifte en koerante aan.

Oudiovisuele materiaal

Versamelings nie-gedrukte materiaal sluit CD’s, video’s en DVD’s in. Sekere biblioteke het ook ? verskeidenheid oudioboeke (boeke wat op CD voorgelees word) vir blindes. Biblioteke bied gewoonlik toegang tot World Book Online en Encyclopaedia Brittanica Online.

Hoe kan jy ? spesifieke boek opspoor? 

Boeke word volgens die Dewey-stelsel van desimale klassifikasie georganiseer en op die rakke gepak sodat jy maklik ? spesifieke boek kan opspoor of boeke van ? bepaalde skrywer kan vind. Die Amerikaner Melvil Dewey (1851-1931) het in 1876 reeds hierdie stelsel ontwikkel en dit word vandag nog (met enkele wysigings en uitbreidings) steeds gebruik om boeke te klassifiseer en op die rakke te organiseer. Meer as 200 000 biblioteke in minstens 135 lande gebruik die Dewey-stelsel.

Hoe om die biblioteek te gebruik:

Wanneer jy ? boek wil uitneem, moet jy jou kaartjie toon. Die boek en jou inligting word op ? rekenaar geskandeer en die biblioteekpersoneellid sal dan die datum waarop jy die boek moet terugbring voor in die boek op ? kaartjie stempel. Jy moet die boek voor of op daardie dag terugbring, anders moet jy ’n boete betaal. Indien jy nie die boek terugbring nie, sal jy verantwoordelik wees vir die koste van die boek. Indien jy die boek nog ná die spesifieke datum wil gebruik, kan jy reël om die uitleentydperk te hernu.

Hoe word jy lid van ? biblioteek?

Wanneer jy by jou plaaslike biblioteek wil aansluit, moet jy bewys van jou identiteit kan lewer. Jy sal ? registrasievorm moet invul, ? ID-boekie of rybewys moet kan toon en bewys van ? straatadres kan lewer. Kinders het natuurlik nie ID-boekies en rybewyse nie en ? geboortesertifikaat of kopie daarvan sal voldoende wees. ? Ouer se handtekening en ? bewys van straatadres sal wel nodig wees.

Na ongeveer vyf dae kan jy jou biblioteekkaartjies gaan afhaal. Nou is jy ? volwaardige lid van die biblioteek en kan jy boeke vir 14 dae op ? slag uitneem. DVD’s mag egter nie langer as twee dae uitgeneem word nie. Vind uit wat die voordele en uitleenvoorwaardes van jou biblioteek is.

Onthou:

Pas altyd jou biblioteekboeke mooi op en onthou dat jy nie die enigste persoon is wat die boek gaan gebruik nie. Was eers jou hande voordat jy in die boek rondblaai en moenie eet terwyl jy lees nie. Jy mag beslis nie in die boeke skryf nie en moet onder geen omstandighede prente of bladsye uit die boeke skeur nie. Jy sal vir ? beskadigde boek moet betaal, want dit sal vervang moet word.

Hou maar jou biblioteekboeke veilig buite bereik van troeteldiere en kleiner boeties en sussies wat dit kan beskadig. As jy en al jou mede-biblioteekgebruikers die boeke mooi oppas, kan almal uitsien na jare se gebruik daarvan. As jy nog nie lid is van jou plaaslike biblioteek nie, raai ek jou aan om so gou moontlik daarby aan te sluit. Daar lê ? lang, luilekker somervakansie en ure se leesvermaak vir jou voor.

- Rikus van Rooy

Ekstra bronne: Rone Reesberg van die Brackenfell-biblioteek; Pamflet: Biblioteek- en inligtingsdienste van die Stad Kaapstad; Inligtingsbrosjure van die Brackenfell-biblioteek; http://en.wikipedia.org/wiki/Dewey_Decimal_Classification