Jacques Blignaut , ook bekend as 7de Laan se Vince, wil sy Mandeladag aan kinders opdra.

Hy nooi jou om Saterdag 16 Julie by die Helpnet Fund se tehuis in Pretoria deur te bring.

Hy gaan daar saam met die kinders warm sjokolade drink en speletjies speel.

Hy vra dat jy hom steun en speelgoed, van bordspeletjies tot krieketstelle, vir die kinders skenk wat daar versorg word.

Hou asseblief in gedagte dat die kinders se ouderdomme van ’n paar maande tot 12 jaar wissel.

Ou klere sal ook baie welkom wees.

Jacques wil ook met die oprigting van ’n speelplek onder dak help sodat die kinders buite kan speel selfs wanneer die reën in die somermaande in Gauteng val.

As jy op die groot dag by hom wil aansluit of met skenkings vir ’n speelplek onder dak kan help, stuur asseblief ’n e-pos nainge@media24.com met jou besonderhede en ons sal die tehuis se adres of die betrokke mense se kontakbesonderhede aan jou verstrek.

Volg Huisgenoot op Twitter.