Of ons werk, studeer, ons lewe organiseer of net ’n inkopielys maak, gebruik ons elke dag ons lees- en skryfvaardighede. Party van ons is selfs gelukkig genoeg om ’n tydjie te hê om vir ontspanning te lees. Hier is ’n paar wonderlike idees van die Nal’ibali-lees-vir-pret-veldtog om geletterdheid in jou huis te verbeter.

  • Lees saam met jou kinders. Laat hulle ’n paar van hul gunstelingstories kies en lees dit saam. Soos jou kind ouer raak, kan julle ook ’n paar hoofstukke van ’n goeie roman saam lees.
  • Vertel jou kinders van die stories en boeke wat jy as kind geniet het en praat ook oor hul gunstelingboeke.
  • Gesels ook met jou kinders oor alles wat jy nie sou kon doen nie as daar nie lees of skryf in jul lewe was nie.
  • Besoek saam ’n boekwinkel of biblioteek en snuffel ’n bietjie rond.
  • Reël ’n kuiertjie saam met vriende en hul kinders en lees vir mekaar – volwassenes vir kinders, kinders vir kinders en volwassenes vir volwassenes – en praat oor boeke en stories.
  • Lees vir iemand vir wie jy nie gewoonlik voorlees nie! Probeer dit by ’n ouetehuis of kinderhuis doen
  • Sorteer jou kind se boekrak uit en laat hulle elk een boek kies wat hulle gaan skenk aan ’n leesklub, skoolbiblioteek of organisasie wat boeke aan kinders skenk. Besoek www.nalibali.org http://nalibali.org/ vir ’n leesklub naby jou waar jy jou boekdonasie kan aflaai.
  • Registreer by die Nal’ibali-netwerk om jou ondersteuning te toon vir die gebruik van stories om kinders te inspireer om te lees en skryf.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali-lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek http://nalibali.org/  of vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.