Hulle was so opgewonde. Die sangeres Helenè Bester en haar man, Jacques Theron, het die dae afgetel na die geboorte van hul eersteling.

Hulle was amper daar; die swangerskap was al 33 weke ver. Dis ’n dogter, het die sonars gewys.

Haar kamer was gereed. Binnekort sou dit die vrolike tuiste wees vir hul klein pienkvoet.

Maar toe loop dinge skeef en ná komplikasies was ’n noodkeisersnee te laat om hul baba te red.

Helenè (36) se lewe was ook in gevaar en sy moes inderhaas in die waakeenheid opgeneem word.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die rakke is.