Haar uitlating het onmiddellik ’n herrie in die sosiale media veroorsaak, maar Helen het besluit om nie rond te sit en wag op mense se antwoorde nie.
Maar die druk uit alle oorde was te erg, en kort voor lank moes die politikus om verskoning vra.

Mmusi Maimane, DA-leier, het nietemin gesê die 66-jarige word deur ’n dissiplinêre verhoor in die gesig gestaar.

“Kom ons stel dit duidelik: Kolonialisme, net soos apartheid, was ’n stelsel van verdrukking en onderwerping. Dit kan nooit regverdig word nie,” het Mmusi volgens Netwerk24 gesê. Mmusi het aan Talk Radio 702 bevestig Helen se optrede in die sosiale media is na ’n tugproses verwys. Intussen het Julius Malema, EFF-leier, ook op Twitter gesê hy het ’n vergadering met die DA se leierskorps oor Helen se twiet aangevra.