’n Helikoptervlieënier van Working on Fire (WOF) het twee dae lank amper onverpoos gewerk om die brande te bedwing wat dele van die vakansiedorpe St. Francisbaai en Kaap St. Francis sedert Sondag bedreig het.

[caption id="attachment_115907" align="alignnone" width="600"]Nico Heyns word deur talle vir sy heldhaftige optrede vereer. Foto: Christopher Scott Nico Heyns word deur talle vir sy heldhaftige optrede vereer. Foto: Christopher Scott[/caption]

Hy het water uit inwoners se swembad opgelaai en so ’n belangrik rol gespeel om te verhoed dat die brand na die informele nedersetting Sea Vista, aan die grens van die natuurreservaat waar dit ontstaan het, versprei. WOF wou nie toelaat dat News24 direk met Heyns praat nie, maar talle inwoners het sy lof besing. Lees ook: Foto’s: Elgin-vallei in vlamme gehul Richard Arderne, bedryfsreghouer van Pam Golding op St. Francisbaai, het vertel hoe Heyns sedert Sondagoggend sonder ’n blaaskans gevlieg het.

“Hy het sonder ophou vanaf halftwaalf tot ná donker gevlieg en binne sowat 2 minute uit mekaar water opgetel en oor die vlamme neergestort. Hy het seker net op Sondag meer as 300 keer so heen en terug gevlieg.” Heyns het op St. Francis oorgeslaap en was voor daglig Maandag weer in die lug om aan te gaan met die taak. Die fotograaf Christopher Scott, wat ’n paar foto’s geneem het van Heyns wat brandstof aanvul, het gesê die vlieënier het ’n wonderlike taak verrig. “Hy het baie hard gewerk en ’n groot rol gespeel om te verhoed dat die vlamme Sea Vista bereik.” Twee van hul Oos-Kaapse spanne het Maandag om vyfuur die oggend opgedaag en het daardie aand nog gewerk en die Kouga-munisipaliteit se brand-en-reddingsdienste bygestaan, het die WOF-woordvoerder Linton Rensburg gesê.

Geen sterftes of beserings is tot dusver aangemeld nie.

Heyns het laat Maandagmiddag na Knysna teruggekeer nadat die windrigting verander en dit gereën het, wat die brand genoeg help blus het om dit onder beheer te bring.

Die plaaslike brandweer het Sondag inwoners gevra om hul grasdak nat te maak en beboste gebiede om hul huis skoon te maak as voorsorgmaatreël.

Lees ook: Dis tyd om ballonne af te blaas

Kaap St. Francis is sonder elektrisiteit gelaat nadat die brand kragdrade beskadig het. Inwoners is vroeg Sondagaand gevra om hul huis te ontruim. Hulle het teruggekeer nadat die brand onder beheer gebring is.

In November 2011 het ’n wegholbrand op die kusdorp 76 wonings in puin gelê, waarvan talle grasdakvillas en herehuise was.

Bron: News24