Die grootste ding nóg gaan Suid-Afrika môre tref. Nee, dit is nie ’n tsoenami of ’n orkaan nie. Ook nie die een of ander Hollywood-legende nie.

Niemand minder nie as die golflegende Gary Player gaan die sentrum van by die R20 miljoen open. “Die Heldesaal in Amerika is groot. Almal wil by die Heldesaal ingesluit word,” sê Johnny.

“Met die Heldesaal by Sun City gaan die bestes van die bestes in verskeie velde vereer word.

“Dit is so groot dat sportsterre ons klaar bel om te hoor of hulle hall of famers gaan word.”

Suid-Afrika het reeds ’n sportheldesaal met ingehuldigde legendes soos die voormalige Springbok Joost van der Westhuizen, oudpres. Nelson Mandela, die rugbykommentator Hugh Bladen en die Springbokspan wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het.

[post-slider]

Sally Little sal later vandeesmaand in die sportheldesaal ingehuldig word. Little (65) is ’n Suid-Afrikaans gebore golfspeler wat in 1982 ’n Amerikaanse burger geword het. Sy het in haar loopbaan 15 LPGA toernooie en twee Major-kampioenskapstitels gewen.Volgende jaar sal Gary Player, asook die Bafana Bafana-span wat die Afrikabeker in 1996 gewen het, in die heldesaal opgeneem word.

Net Suid-Afrikaans geborenes of mense wat vir Suid-Afrikaanse spanne gespeel het, sal by die heldesaal ingesluit word. Die eerste mense in die heldesaal wat nie sportsterre is nie, is die voormalige mejj. Suid-Afrika wat as mej. Wêreld aangewys is.

Oor die uitstalsentrum is Johnny baie opgewonde. Dié sentrum is die eerste van sy soort in Afrika.

Die uitstalsentrum is interaktief en sal jy die “A tot Z van sport in Suid-Afrika kry”, beloof Johnny. Mense sal hul vermoëns kan toets teen die beste Suid-Afrikaanse atlete en sportsterre. Jy sal byvoorbeeld kan kolf terwyl Dale Steyn in skynwerklikheid na jou boul. Of jy kan hardloop teen die vinnigste atlete.

Daarby sal mense na die mees legendariese sportoomblikke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan kyk.

Daar is ook sokker- en gholfsimulasies.

“Die sentrum het drie kernideologieë: om te vier, inspireer en bemagtig. Ons wil die jeug van ons land inspireer om die beste te wees,” sê Johnny.

“Ons land het helde nodig om hoop te bring vir ons jeug. Deur ons jeug te inspireer, sal ons hoop skep, wat weer passie en deursettingsvermoë sal skep.”

Toegang kos R65 per volwassene en R35 vir kinders, maar is gratis vir kinders jonger as ses.