Heinz Winckler, 32, het pa geword na sy vrou,Aletté, 30, Sondagoggend geboorte aan ‘n babaseun geskenk het.

Die paartjie, wat drie jaar terug getroud is, se eersteling, Lian Theo Winckler, het Sondag om 07:25 die lewenslig gesien, en volgens Winckler se Facebook-blad was sy gewig by geboorte 4.12 kg.

Heinz het Maandagoggend op sy Facebook-bladgenoem dat Lian aanvanklik suurstof en glukose aanvulling nodig gehad het.

Hy is in 2002 as Suid-Afrika se eerste wenner van die Idols-realiteitsreeks aangewys.

Sy sangloopbaan het egter in 2009 nuwe lewe gekry nadat hy ‘n Afrikaanse CD, Ek kan weer in liefde glo, bekend gestel het. Dié album het na vier maande goue status bereik.

Alette is ’n voorkomskonsultant wat gereeld praatjies by vroue-byeenkomste lewer.

Nog om te lees:

Heinz se jaar van Afrikaans en ouerskap