Huisgenoot het Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 ‘n regstreekse onderhoud met die sanger Heinz Winckler op Twitter gevoer.  Hier volg die gesprek.

Hallo @heinzwinckler. Dankie vir die #twitterhoud. Is jy gereed?

jip

@heinzwinckler Waar is jy op die oomblik? #twitterhoud

By Cedar Square in Fourways

@heinzwincklerIs jy ‘n Blackberry of iPhone aanhanger? #twitterhoud

Groot Apple fan, het iPhone en antwoord op die oomblik die vrae op my ipad

@heinzwinckler  Jy’s een van drie kinders (volgens Wikipedia)….is enige van die ander ook musikaal? #twitterhoud

Ja, my suster is baie musikaal, het graad 8 Unisa klavier, en my broer skryf songs en hou van perform ook

@heinzwinckler Hoe gaan dit met Lian? #twitterhoud

Dit gaan baie goed met hom, hy raak al hoe oulliker en kry by die dag meer persoonlikheid, ons geniet hom baie! Lian kan al so 3 woordjies se en wys hoe oud hy is!

@heinzwinckler Sal jy ooit instem om ‘n judge op Idols te wees? #twitterhoud

Ja, sal graag Idols wil judge, kan net fun wees!

@heinzwinckler Waaroor sal jy nooit tweet nie? #twitterhoud

Seker baie persoonlike dinge

@heinzwinckler Ons is amper klaar hier. Laaste vraag. Hoe lyk jou planne vir die res van die dag? #twitterhoud

Wel, ekt 'n lunch afspraak nou, dan verdere voorbereiding v my @hwworkshop vir Sat en finale admin op my nuwe album wat 1 Jul kom.

Sterkte met als en baie dankie @heinzwinckler. Dit was regtig lekker om met jou te gesels. Stuur groete aan die gesin. #twitterhoud

Dankie! Was lekker, waardeer julle! Lekker dag v julle ook!

Volg Huisgenoot op Twitter.

Volg Heinz Winckler op Twitter.