En nou kan jy vir ‘n oudisie gaan nog vóór jy vir ‘n oudisie gaan. Huh?

Heinz Winkcler sê hy wil graag mense help met hulle voorbereiding vir hul Idols-oudisies.

Op 3, 10 en 24 Maart sal hy in Johannesburg beskikbaar wees om jou te help teen R500 ‘n uur.

“Ons probeer om die omstandighede presies soos by ‘n regte oudisie te maak,” vertel Heinz. Jy stap in en sing jou liedjies  terwyl ‘n video-opname daarvan gemaak word. Heinz sal jou daarna raad gee en die video vir jou terugspeel sodat jy kan sien presies hoe jy gelyk het.

“Vir die meeste mense is dit nogal ‘n skok om te sien hoe hulle op video lyk, maar op die ou einde is dit tog wat mense gaan sien as jy op TV is.”

Om so 'n oefenlopie te bespreek, stuur vir Heinz epos by heinzwincklerworkshop@gmail.com.