Die Afrikaanse sanger en Idols-wenner, Heinz Winckler, het Vrydagoggend op Twitter aangekondig dat hy vir ‘n tweede keer pa gaan word.

“Ok, so ons gaan dit vandag offisieël maak. Alette is weer swanger!” het Heinz getwiet.

Alette is glo reeds sowat agt weke swanger.

Heinz het sy twiet afgesluit met "Hallelujah!!".

Baie geluk aan die paartjie met die goeie nuus, ons kan skaars wag vir Lian se klein boetie of sussie om hul aankoms te maak.

Volg Huisgenoot op Twitter.