Heidi Klum sê haar kinders is haar grootste inspirasie.

Die Duitse supermodel, wat die kinders Leni (9), Henry (7), Johan (6) en Lou (3) het by haar eksman, Seal, moedig elkeen aan op sy eie manier kreatief te wees.

Sy sê: “Ek dink kinders moet hulle hande vuilmaak: verf, beeldhouwerk doen, goed skep, hulself so uitdruk. As volwassenes word ons geleer om binne die lyne in te kleur, maar ek dink nie jy moet dit ooit vir ’n kind sê nie. Laat hulle woes krabbel en kyk wat gebeur.”

Sy voeg by: “Kreatiwiteit is om iets nuuts te probeer. Ons was by ’n Franse restaurant en ek wou hê die kinders moes slakke probeer. Hulle het gesê: ‘Ga, sies!’ Maar hulle almal het toe. Ek dink dit sê baie van ’n oopkop hê.”

Die beoordelaar van America’s Got Talent sê ook in die Oktober-uitgawe van Parents dat haar kinders baie modebewus is. Hulle het haar anders na haar styl help kyk.

Sy sê: “Henry sal ’n strikdas by ’n kraaglose T-hemp dra. Ek het eers gedink: Dis snaaks! Toe het ek gedink: Ek hou nogal daarvan!

“By Leni gaan dit net oor gemak. Selfs al het dit die oulikste patroon, sal sy dit nie dra as dit krapperig is nie . . . Hulle het my geïnspireer om helder kleure te dra, patrone te meng en lekker sagte kleedstowwe te gebruik.”