Hy het altyd ‘n mooi, jong meisie aan sy arm, maar vandag is Hugh Hefner se hart gebreek.

Die stigter van Playboy het Dinsdag amptelik bekend gemaak dat sy meisie hom gelos het en dat hulle troue, wat die naweek sou plaasvind, gekanselleer is.

Hefner (85) en Crystal Harris (25) sou die naweek voor meer as 300 eksklusiewe gaste trou aan mekaar beloof het by die Playboy-herehuis in Los Angeles.

Dit sou Hefner se derde troue gewees het.

“Die troue is afgestel. Crystal het van plan verander,” het Hefner op Twitter geskryf.

Volg Huisgenoot op Twitter.