Is jy raadop oor idees vir jou kinders se kosblik? Moet jou nie bekommer nie – Checkers  kan help met hierdie slim planne.

Lunchbox copy pic

Bykomstighede:

  • Hartvorm-koekiedrukker
  • Bottermes
  • Snymes
  • Snyplank
  • Klein plastiekkoppie vir die ham, kaas en komkommer
  • Kosblik van jou keuse
  • Silikoon-kolwyntjiehouers
  • Servette

Dit is wat jy vir die kolwyntjiehouers gaan nodig kry:

  • Hamrol, in blokkies gesny
  • Cheddar, in blokkies gesny
  • ’n Hand vol kersietamaties, middeldeur gesny
  • Vars druiwe, gewas
  • Vars aarbeie, gewas en middeldeur gesny
  • Berei en pak in die silikonhouers soos verkies. Berei die druiwe en aarbeie en gebruik soos nodig vir die kosblik.

Dit is wat jy vir die hartjie-toebroodjie nodig gaan kry:

  • Vars bruinbrood
  • Botter

Berei die toebroodjie voor en druk die vorm met die koekiedrukker uit. Jy kan ook enige ander vorm gebruik en jou keuse van vulsels gebruik. Rond die kosblik af met die geur vrugtesap van jou keuse.

  • Klik hier  vir nog heerlike resepte van Checkers.