Yummy-Home-made-Fish-Fingers

Jou benodighede:

800 g witvis-filette, ontbeen

1 eier, liggies geklits

250 ml (1 k) droë broodkrummels

60 ml (¼ k) cheddar- of parmesaankaas, gerasper

kossproei

Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Sny die rou vis in vingers van 2 cm wyd uit. Sit die eier in ’n vlak bak en die kaas en broodkrummels in ’n ander bak. Doop die vis eers in die eier en dan in die broodkrummel-mengsel. Sit op die bakplaat en bak 15 min. of tot die vis goudbruin en deurgaar is.

Inhoud verskaf deur: Anthea de Villiers, geregistreerde dieetkundige (SA)

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.