Crunchie

Jou benodigdhede:

180 g margarien

500 ml (2 k) hawermout

250 ml (1 k) klapper

250 ml (1 k) meel

250 ml (1 k) suiker

15 ml (1 e) stroop

5 ml (1 t) koeksoda

knippie sout

125 ml (½ k) gemengde neute

Smelt die margarien en stroop saam. Voeg die koeksoda by en roer tot dit bruis. Meng die droë bestanddele by en voeg die neute by. Skep die mengsel op ’n gesmeerde bakplaat en smeer plat. Bak 20-30 min. teen 180 °C en sny in blokkies.

- Resep deurYour Little Blog

- Geskryf deur Full of Taste

- Foto’s:Günther Schubert and Vörsprung Studio

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.